6/13/2003

Ons het gister weer vir 'n ultrasound gegaan. Mensdommigheid maar nou word ons WOES opgewonde hoor! Die baba is so mooi, al het ons net 2D slices van sy/haar lyfie gesien. Hier is twee foto's wat ons gekry het. Die baba weeg nou al 2lb! Ons kon dit nie glo nie. Ertjiepit wou net nie lekker saamspeel nie, en het heeltyd met sy gesiggie na Marésa se rug toe gelê. Ons kon dus nie 'n "mooi" foto kry van die gesiggie nie. Hier is een van die lyfie en die agterkant van die kop. (Moenie vir te veel detail soek nie :)).



En hier is Ertjiepit se beentjie en sy voetjie!



6/4/2003

Errr... Miskien was ons nie presies so hard aan die werk aan die foto's as wat ons graag sou wou voorgee nie! :) Maar dit kom nog, eendag...

Nuus is dat Jan amptelik aan sy tesis begin skryf het. (Dis groot nuus). Moet egter nie vra "Wanneer gradueer jy nou, Jan?" nie, daardie vraag is nog buite die grense van aanvaarbare sosiale interaksie.

Verder het ons volgende Donderdag weer 'n sonar aan't kom. Dit is baie opwindend, ons kan nie wag om die baba weer van naderby te beskou nie! Bababoude wroemel baie opgewonde binne Maresa se pensie rond, ons kan hom/haar gereeld voel skop en spartel. Dit gee ons die idee hy (note, ek se maar hy want dis silly om die heeltyd te skryf hy/sy/hom/haar) is net so opgewonde om ons te ontmoet as ons vir hom!

Maresa is nou verwagtend genoeg dat mense in die straat wil weet wanneer sy due is, wat haar baie gelukkig maak, want dit beteken sy wys!