Groot opdaterings het vandag plaasgevind. Jy sal miskien nie jou oë glo nie, maar die Southwest foto's is nou almal op! Gaan kyk bietjie!
Ons het ook ons ou website oor migreer na die nuwe. Baie van wat op die ou website was, is nou ook onder die joernaal. Jy sal dit heel onder aan die lys vind. O.a. is daar 'n paar foto's van ons troue, ons honeymoon en klomp dinge in die winter en lente van 1999, toe ons nog ons ou website opdateer het ;). Loer gerus is.
Dan, ek wil graag met julle deel hoe pragtig my vrou nou lyk. Marésa is 'n ongelooflike mens. Sy is so mal oor swanger wees. Haar opgewondenheid en borrelende vreugde in hierdie tyd maak my so dankbaar dat sy my vrou is. God binne haar straal uit haar uit, want sy dra hierdie baba soos God dit bedoel het: met vreugde, met opgewondenheid, met afwagting. Sy is pragtig! Hierdie foto is geneem 16 Julie, toe Marésa 28 weke swanger was.


Sjoe, ons sal aan die gesels moet raak om by te hou met al die nuus! Dis 'n lieflike somer! Jan het sy eerste hoofstuk ingegee (Hfstk 5, die langste), so dit beteken GOEIE VORDERING met die tesis. Marésa lyk pragtig op 7 maande. Sy geniet elke oomblik van verwag. Sy voel soos lente, met nuwe lewe wat binne haar borrel en sy straal daarvan!
Baba groei baie mooi - ons het die hartkloppie weer geluister en dit klink ook baie goed, geen abnormaliteite nie. Die Here is so ongelooflik goed - ons weet dat Hy ons dra deur hierdie hele tyd.
Nou ja, ons het weer so bietjie opdateer aan die Southwest foto's. Daar is twee nuwe hoofstukke by - so gaan loer gerus daar in by die foto joernaal. Jan het nou weer nuwe tyd begin maak vir aan die foto's werk, en ons doel is om alles op datum te hê teen einde Augustus! Jip, so die volgende paar weke behoort julle baie aktiwiteit hier te sien.
Ons is ook baie opgewonde want ons gaan 28 Augustus US Open Tennis kyk! Ons dreig nou al vir jare lank om te gaan, maar kry nooit kaartjies nie. Wel, hierdie jaar het Marésa vroegtydig geboek! Bid asseblief dat nie sal reën daardie dag nie, want dan verloor mens jou kaartjie!