8/19/2003

Sondag was die groot verassingdag! Ons gaan glad nie eens naastenby nou alles vertel nie, maar ons wou graag net so drie foto's opsit van wat die dag gebeur het. Julle, dit was so ongelooflik. Die Here het ons so ongelooflik geseën met vriende wat ons werklik liefhet. Op die einde van die dag het ons so ongelooflik baie goed gekry wat ons nodig het vir Baba B, maar ons het besef dat dit so min werd is in vergelyking met die verhoudinge wat ons het met die mense het wat dit alles bymekaargesit het.

Dankie aan almal van julle daar by die huis wat ook bygedra het om hierdie dag vir ons ongelooflik spesiaal te maak. 'n Hoogtepunt was werklik vir ons om al die briefies en geskenkies van die huis af oop te maak. Ons het dit glad nie verwag nie, dit was so 'n groot verassing! Marésa wil graag oor die shower skryf, so ek gaan net die paar foto'tjies hier insit hoor!

Agter in Nate & Heidi se tuin:



Marésa is besig om persentjies oop te maak. Kyk die oulike stuffed Afrika-diertjies wat in die boom hang. Kyk ook die moewiese tafel vol presente!



Almal van Suid-Afrika se foto's was ook daar! Dit was te lekker om julle almal ook daar te sien. Hier staan Eric en Darrin en gesels agter die foto's:



Nou, ons sal later van tyd dan baie meer detail vertel van alles hoor! Marésa wil ook meer oor haar verjaardag en die shower vertel, so hou hierdie spasie dop!