9/25/2003

Vandag is vir ons 'n pragtige seun gebore! Al die nuus en foto's en dinge is op duvan.boshoff.za.net.


9/20/2003

Nope, nog geen baba nie. :)) Marésa-mens lyk pragtig soos altyd:



Ons is toe nie weggewaai deur Isabel nie, wat 'n tropiese storm was teen die tyd dat dit hier verbygetrek het. Daar het egter oral bome en dinge omgewaai, maar ons het nie verspoelings en dinge gehad nie. Oh ja en ons was vir 'n uur of so sonder krag gewees. Al die bome wat in Fair Hill omgewaai het, het egter beteken dat ons vanmiddag op sekere tye bietjie "bushwacking" moes doen om deur te kom. Op een stadium het Jan homself bietjie in die midde van 'n boom op die grond bevind.



Ons het darem so bietjie goggas ook gesien. 'n Slang wat in die rivier tot by ons voete geswem het, baie groot spinnekoppe en 'n padda wat 'n close-up toegelaat het.


9/15/2003

Wel, daar is nog nie 'n baba in ons huis nie. Maar dit raak nou baie naby aan die tyd (sien die counter op die menu'tjie, nog minder as twee weke). Ons dokter is egter van mening dat Baba B sy/haar opwagting baie kort gaan maak. Ons is nou so gereed soos mens maar kan wees. Baba se kamer is reg, Marésa se sakkie is gepak vir die hospitaal, die carseat is in die kar. Alles is ready to roll!

Ons maak gereed om 'n toegewyde baba-bladsy te launch sodra Baba gebore word. Daar kan jy weekliks kom inloer en die baba-digest lees. Daar is 'n ou klein vangplekkie, dit gaan in Engels wees. Ons het besluit om dit in Engels te maak, want wel, ons Afrikaanse gehoor is bietjie knap :). Daar gaan egter 'n "Comments" gedeelte wees, waar jy na hartelus in die moedertaal kommentaar kan lewer.


9/1/2003

Nuwe design! Jip, jy't seker agtergekom die website lyk so bietjie anders! Ons het oorgeskakel na 'n CSS design toe. En ook vanaf HTML-editor na hand-coded, baby. So hierdie site word nou van scratch af met die hand geskryf. (As al hierdie goete niks vir jou beteken nie, al wat ek eintlik probeer sê is dat baie ure gewerk het om die site so bietjie anders te laat lyk). Nou's die site se ontwerp en die inhoud egter totaal onafhanklik, sodat dit hond maklik is om die hele site 'n ander look te gee soos woerts. Laat weet ons wat jy dink in die gasteboek! Oh ja, jy kan ons ook nou op die internet kry deur jou browser te wys na http://www.boshoff.za.net.



Ons het laasweek 'n besoek aan die baba-dokter gehad, en sy's van mening dat Bababoude dalk so ietwat vroeg gaan wees. Dis goeie nuus, want Jan sal nou glad nie omgee as ons baba op die 23ste gebore word nie! Ons het die naweek ook grootliks gewerk aan die baba-kamer, en nou is ons baie nader aan reg!



Dan groot nuus is dat ons laasweek by die US Open tennis was! Dit was pretty cool hoor. Ons het Lleyton Hewitt(6) vs. Hyung-Taik Lee, Juan Carlos Fererro(3) vs. Jurgens Melzer, Anastasia Myskina(8) vs. Antonella Serra Zenetti gesien. Dan ook het ons vir Martina Navratilova in aksie gesien in die dames dubbels:





Nie een van ons was regtig mal oor haar voor die toernooi nie, maar sy was verseker een van die aangenaamste om te kyk op die baan. Jitte, die vrou is 46 jaar oud, maar speel soos iemand van 28. Sy is 'n legende! Ten laaste het ons ook gekyk hoe 'n nuwe opkomende Amerikaanse knaap (Robby Genepri) vir Wayne Ferreira ore aangesit het. Mmmm, dit was nou regtig nie mooi om te sien nie, nie omdat Wayne verloor het nie, maar net omdat hy soos 'n baba op die baan te kere gaan. Mensdom, die ou is 'n veteraan, en mens sal dink dat hy teen hierdie tyd al geleer het om sy emosies in toom te hou, om te aanvaar dat hy dalk nie nr. 1 is nie, maar nee, hy was woes ongelukkig oor alles wat fout gegaan het. Dit was 'n pretty sad gesig. Mens kry hom sommer jammer, hy't soos 'n alleen verbitterde ou siel gelyk. Daar was ook nie meer veel mense om die game te sien nie:





Noudat die nuwe design op is, sal Jan weer bietjie aandag begin skenk aan die California foto's. Nog nie daarvan vergeet nie, al het meeste van julle al ;).