Yay!!! Ons gaan kuiermense kry! Jana & Schalk kom aan die einde van Oktober vir 'n week by ons kuier! Ons is SUPER opgewonde!
Ouerskap is fantasties! Duvan is die pragtigste ou baba'tjie (ja, ons weet, ons is biased), hy't ons altwee se harte heeltemal gesteel. Ons kan ure vir hom sit en kyk!
Daar is nie veel nuus op die Jan & Marésa horison nie, die meeste is te vinde op duvan.boshoff.za.net.
Oh ja, ons moet darem net noem, dat ons 'n Nr 1 spot op Google inneem. As jy search vir "karringmelk beskuit", dan is die Boshoff blad bobaas. Dis hoe Lonneke ons site gekry het. "Wie's Lonneke?", wonder jy seker. Wel, Lonneke is die huidige titelhouer van die gesogte "Bobaas Boshoff-Boek Beskribbelaars".