11/20/2003

Wel, ons het 'n fantastiese tyd met Schalk en Jana gehad! Ons werk aan die foto's opdateer.... Ja, ek weet, julle het dit al vantevore gehoor. Daar is egter baie wat aangaan hier op boshoff.za.net. Jy sal sien ons het 'n nuwe afdeling bygekry "Linux Log", vir die geeks. En dan is Duvan se blog natuurlik aan die brand van opdaterings.

Dis nou knorstyd vir Jan met die tesis - so nie meer lank nie dan is die PhD klaar (finally). Tot dan toe, moet tog maar nie vra, "So, is jy al klaar met jou tesis?" nie. Hoog ongewens.

Vir baie foto's van Duvan en sy Mamma en Pappa, gaan gerus oor na sy bladsy. Hier is 'n foto waar hy in Washington D.C. saam met sy Oom Schalk en Tannie Jana kuier.