Fair Hill Herfsfoto's
19 Oktbober 2001

Fair Hill is 'n State Park net hier agter waar ons bly, seker so 10 minute uit op Rt. 273. Dit is 'n ideale park om met mens se fiets te gaan ry! Ons gaan nie veel oor die foto's sę nie, die pragtige kleure spreek vir dit self!

Hierdie is die pad wat Marésa elke dag werk toe gery het en terug terwyl sy nog in Elkton, MD gewerk het. (Elkton is nie op die kaart hierbo nie, maar as jy met Rt. 279 uit sou ry vir so 15 minute, sou jy daar uitkom). Sy wou julle graag wys die pragtige uitsig wat sy elke agtermiddag geniet het! Hierdie was die ideale stukkie pad waarin sy van die dag se gebeure kon ontlaai. Die herfskleure was ook gewoonlik pragtig beklemtoon deur die son wat besig was om onder te gaan.

Fair Hill Environmental & Nature Center.

Die pragtige Maple boom voor die Nature Center. (Wat's Maple boom in Afr?)

Kyk net hoe ongelooflik rooi is hierdie blare! Dit is pragtig.

Hierdie hout "covered bridge" is klassiek. Mens se kar se wiele sę "doef-doef-doef" as jy daaroor ry. Mens wil sommer reverse en weer oorgaan!

Die selle brug weer.

Waar ons gestap het...

Hier is die Nature Center weer deur die bome. Dit was eens 'n plaasguis. Sjoe dit moes darem lekker wees om hier te bly voor beskawing dit oorgeneem het!

Die bome langs Rt. 273 af...