|
Schalk & Jana Meyer |
|
21 Maart 2002
|
|
hystoe
:: wat's nuut :: joernaal
:: allerlei :: gasteboek
|
|
Hier dan al die foto'tjies wat ons geneem het Schalk & Jana se troudag! As mens enigeiets van dié besonderse dag moes sê, dan is dit dat dit mens gelaat het met 'n loflied aan God vir die instelling van die huwelik. Schalk en Jana het in alles lof aan God gegee, dit was so 'n wonderlike herinnering dat die huwelik 'n simfonie is wat deur dag na dag deur Hom gekomponeer word. Liana, Jana se skoonsus berei die bruid voor:
Die rok voor Jana daarin is:
Die hangertjie dingetjie is nie 'n nek ene nie. Dis Jana se skoene.
Jana bruid gereed vir die troue.
Jana en Marésa.
Hoe sou Jana ooit met skoene kon trou? Hier show sy haar kaalvoete af.
Die perdekar.
Sonneblom ruikers. Sonneblomme en koringare, stylvol aards, soos meeste van die skepping.
Marno (die pastoor) en Jana bid buitekant die kapel met haar aankoms.
Nog kaalvoet afshow'e.
Jana, Marésa en die drie blommemeisies.
Die strooimeisies, elk ook kaalvoet.
Met Schalk en Jana se uitkom uit die kapel, het die hofknapies duiwe losgelaat.
Na die diens, het die gaste drankies en voorgereg piekniek-styl geniet, terwyl 'n kwartet agtergrondmusiek verskaf het.
Dit was 'n ongelooflike dag gewees. God het die dag so verryk deur 'n eg Suid-Afrikaanse donderstorm binne die bestek van 'n halfuur te laat opsteek, iets wat mens eers besef hoe spesiaal dit eintlik is wanneer jy dit nie meer gereeld beleef nie. Afrika is 'n wonderlike plek.
Dames en here, Mnr. & Mev. Schalk Meyer!
Schalk en Jana het beide vir hul ouers gebid.
Jan die seremoniemeester [bloos], stel die heildronk in op die bruidspaar..
Jana en die strooimeisies lewer 'n dans, opgedra aan haar man.
Schalk lewer 'n sang-item, opgedra aan sy vrou.
Ons tafel! Pieter neem die foto, die een waarop ek die foto neem en Pieter by die tafel sit, is beide sy en Cornel se oge toe, so ek dag ek spaar julle dit! (Sorry Pieter ;))
Koeksny. Schalk en Jana het almal self bedien met die koek.
Mmmm, legwar kaaskoek.
Jana en Marésa.
Ons driekies.
Marésa, Jana, Corné en Susan.
Die dans.
|
|
hystoe
:: wat's nuut :: joernaal
:: allerlei :: gasteboek
|
|
© 2002 Jan & Marésa |