Nou ja kyk, sedert my hoërskooldae se aande omlê en saam met Cobus dagdroom oor al die nice karre wat in die nuwe Car tydskrif verskyn, wou ek wat Jan is 'n regte karskou besoek. En New York is so naby aan reg soos ek gaan kom met die hoeveelheid moeite wat ek bereid is om in te sit. :)) So, hier volg die talle hoogtepunte van hierdie genuine opwindende dag!
Laat ek net eers die disclaimer doen, ek kan nie al die details van die karre onthou nie, so ek gaan nou nie te veel gesels oor die motorkarre nie, want ek voel asof ek vir elke een moet sê "Check hierdie cool kar, ek skiem ek sweer ek sê". Ek sal jou eerder aanbeveel om van Google of jou gunsteling soekenjin gebruik te maak om op die web meer op te lees oor die kar. Dit sal veel beter joernalistiek wees as wat ek hier kan poog! :)) Die ander ding wat ek nou ter nabetragtig onthou het, is dat ek die heeldag na 'n kar gesoek het wat cool genoeg was vir my om in te sit en 'n foto van te laat neem, maar nie so cool dat hulle nie mense toelaat om daarin te sit nie. Daai karre was min gesaai, en ek is spyt om te sê ek het dan seker nooit so 'n kar gekry nie, want hier is nie so foto hier nie.
Toyota gaan binnekort in Amerika 'n totaal nuwe handelsmerk vrystel, "Scion", gerig op die jonger mark. Hierdie is die Scion ccx konsepmotor.
As jy nou slim wil wees, gaan tot heel onder op hierdie bladsy en maak die volgende hoofstukke van die karskou almal oop deur regs te kliek op die links en te kies "Open in New Window". So kan jy lank se wag vir jouself spaar.

...en hier is die bbx. Dit staan vir "bread-box for the X-generation". Nee nie regtig nie, maar later die dag het ons daar verbygeloop terwyl hulle die agterkant oopgehad het, en as mens die klankstelsel so kyk dan is dit verseker op die ryk tienermark gerig!

Hierdie is 'n klein nuwe Lotus. Dit het maar 'n vier-silinder enjin! In die agtergrond staan die klassieke Lotus Esprit. Go Test Drive I!!! Jitte ons het daai Lotus flou gery in Test Drive ('n computer game).

Hier dan die moeder van alle Lamborghini's. Hoe ongelooflik mooi is dit? Dié kar se naam is 'n baie lang Italiaanse woord wat ek nie nou gaan probeer spel nie. Hy't 'n V12 in en julle moes die agterse wiele gesien het, dis seker twee keer so breed soos ons kar s'n!

Damma mooi.

Hierdie kar lyk vir die onge-oefende oog soos 'n Ferrari. Maar dis eintlik 'n Saleen.

Sy deure maak ook soos vlerkies oop:

Nou ja, al die konsepmotors was maar HOND HOND cool gewees. Maar hierdie Nissan Quest Minivan Concept was in 'n klas van sy eie. Hy't niks spieëltjies nie, is alles net kameras wat vir jou op 'n moewiese skerm in jou dashboard wys wat agter en rondom jou aangaan.


Die Nissan 350Z is 'n klassieke kar in Amerika, met 'n baie groot klomp mense wat groot aanhangers is. Daar is nou baie opwinding want Nissan bring later in die jaar hier die eerste Z uit in amper 10 jaar, as ek dit nie mis het nie. Toegegee, dit is GLAD NIE 'n te onaardige mouterkar nie:

Sy kajuit:

Nissan bring ook later in die jaar hier in Amerika die kar wat ek dink ek die graagste sal wil koop. :)) Dis 'n kruising tussen 'n Volvo X-Country en 'n SUV. Ek het nie 'n foto van dit geneem nie, so ek moes dit download, maar dit lyk as volg:

Cool né? Hier's sy onderstel en enjin. Cool ding is, hy't 'n CVT ("Continious V-ietsie Transmission") wat daarop neerkom dat dit outomaties is, maar die ratverhouding word egalig verstel, sodat jy nooit regtig ratte ruil nie. Die enjin loop dus altyd in die optimale torque-range. Baie nifty inderdaad.

Lexus het ook nou 'n twee-deur sportmotortjie wat 'n harde dak het wat terugvou in die boot in, soos Mercedes s'n:

Hierdie was nice gewees. Dis 'n Lexus wat hulle so halfpad skuins-oor afgesny het om jou al die nifty veiligheidsgoodies te wys. Let byvoorbeeld die lugsak daar in die passasierskant se venster.

Jo-jo, hierdie Mercedes was allerpragtigste hoor. Dis 'n AMG SL55. Nie SL500 nie, groter en meaner as dit. Dit het 'n aangejaagde V8 in as ek dit nou nie mis het nie.

Kyk hierdie cool Mercedes Land-Rover-erige trokkie.


Hierdie is ook 'n Mercedes konsepmotor. Daar was soveel van hierdie klas van tussen-in karre. Sulke karre wat te groot is vir 'n stasiewa, maar te klein vir 'n SUV. 'n Tipe van 'n go-anywhere klas van motor. Soos die soete Volvo X-Country.

Kyk sy mean voorkant.

En sy meaner wiele:

Hierdie is die futurustiese Z3 konsep van BMW:

Die binneruim is interessant:

En dan kan jy vir jou 'n BMW bergfiets koop vir agterop jou BMW trailertjie wat jy agter jou BMW X5 sleep. Ugh. Hierdie fiets lyk baie na die Cannondale van my wat gesteel is, wat baie hartseer snare roer.

Acura het 'n aantal baie nice konsepmotors gehad. Hierdie een was egter vir die hoogtepunt. Hulle noem dit 'n "Urban Adventure Vehicle". Ook nogals nifty, die hele dak is glas, maar met die druk van 'n knoppie kan jy dit verdonker. Die perspektief is bietjie weird omdat ek hoër as die kar gestaan het.


Kyk agterin kan is plek vir jou bergfiets.

Die immergewilde Acura NSX:

'n Honda konsep SUV wat ook baie naby aan produksie is:

Kliek hierbo vir die volgende klomp foto's. Ek dag ek looi jou maar in sessies, anders sal jy dalk vir altyd moet wag!