Right. Die Caddilac Cien Concept:


'n Maserati. Kan nie onthou presies watter een nie. Lyk baie soos 'n Jaguar né.

Hierdie driepoot karretjie het iemand privaat vervaardig. Nifty.

'n Maatskappy in New York vervaardig GT Cobra's met "brushed" aluminium bakwerke, soos hierdie een. Dit maak vir 'n baie indrukwekkende kar hoor!

'n Mitsubishi konsep.

En 'n Isuzu konsepmotortjie.

Nou die Hummer. Kyk, daar is nou nie 'n tougher kar wat jy in Amerika kan koop as 'n Hummer nie. Die H1, die oorspronklike Hummer wat aanvanklik slegs vir die weermag vervaardig is, jaag jou so $80,000 uit die sak. Die H2 is nou bietjie meer vir die pad gemaak en hy kos 'n "billike" $50,000. Net vir perspektief, dis dubbel wat jy vir 'n Jeep Gand Jerokee in Amerika betaal. Maar hierdie karre vat jou net waar jy wil ry. Dit is natuurlik ook een van daai belaglike prestige badges.


Die Hummer se onderstel en enjin. Die enjin is 'n 316 perdekrag (!!) Vortec V8.

Die toekoms van die Jeep! Die Compass word volgende jaar in Amerika vrygestel.

Kyk dié interessante stukkie kuns:


Hier is die Dodge bakkie van môre. Moenie laat die foto jou bluf nie, dis "joeedge!'.

Hierdie is 'n dragster wat daar gestaan het. Ek weet nie veel van horsepowers en goete af nie, maar ek weet dat 6000 hp maar HOND baie is.

Hierdie is 'n klein motor'tjie wat in Duitsland deur 'n private maatskappy vervaardig word. Dit word die YES! genoem. So klein soos wat dit is, dit sal jou 'n goeie $86,000 uit die sak jaag. Mensdom, dis amper wat 'n Dodge Viper kos. Ook, dis wat daai Hummer daar bo kos! Mensdom nee, as mens dan so baie geld MOET spandeer, spandeer dit ten minste goed.

Hierdie is die Infinity weergawe van die Nissan ZX350. Infinity is mos Nissan se upper class karre, soos Lexus Toyota s'n is.

Ford gaan nou weer begin om die GT40 te vervaardig. Die GT40 is een van die klassieke Ford motors wat baie goed gedoen het in wedrenne.

Die kar het 'n mid-enjin ontwerp, m.a.w. die enjin sit agter die passasier, maar nogsteeds aan die voorkant van die driveshaft.

Nou ja vrinne en familie. Hierdie volgende kar was verseker die hoogtepunt van die produksiemotors. Dit is 'n Aston Martin Vanquish. $225,000.

Jowzer. Imagine om daai petrol te trap en die V-12 onder jou te hoor WRRR.


Hier is 'n foto van die kar in sy geheel, sodat julle kan sien hoe hy regtig lyk. :))

Hierdie was 'n cool vervoermiddel wat ook op die skou was! Dis 'n Land Rover stootwaentjie. Wow.

Nou ja, nog is het einde niet!