Nou ja, die Jaguar se gedeelte was regtig ongelooflik. Hier het ek die mooiste konsepmotor van die skou gesien. Ek kan nou nie meer onthou wat hulle dit noem nie, maar dit lyk so:

Jowzer ne! Die beste vir my was egter die detail, te midde van eenvoudigheid. Ek weet nie, maar hierdie is vir my 'n stylvolle wa.


Die Lincoln Town Car is so 'n moewiese groot luukse motor wat almal wat skylie lyk in New York bestuur. Asook baie limo's wat in die stad rondry is sulke swart Town Cars. Maar hierdie is die konsepkar vir die volgende Town Car. Laat ek julle somme nou seg, dis skreeugroot en skreeulelilk.

En van agter af:

Hier is die volgende Mazda RX-7. Wow.

Nou kyk, hierdie karretjie het groot oplsae gemaak. Hulle vervaardig mos nou weer die Mini! Hulle noem hom die Mini Cooper. Maar sjoe, dis 'n oulike karretjie!

Hier die Porsche GT2. Awowie.



En hierdie lelike kar is die Chrysler Crossfire. Ek dink hy's ook naby aan produseer word.


Nou ja kyk, ek dink as jy tot hier toe nog na hierdie web bladsy gekyk het, dan het jy werklikwaar die prys gewen. So as jy hierdie lees, teken die gasteboek (sien die link hieronder) en laat ons weet, want wrintiewaar, jy verdien 'n pluimpie!