Baltimore National Aquarium
13 Junie 2002

Die Baltimore National Aquarium is 'n plek wat ons reeds in Desember wou besoek, maar het nooit daarby uitgekom nie. Een ding wat ons baie graag wou sien, is die spesiale seeperdjie uitstalling wat hulle daar gehad het in Desember. Min weet ons toe dat dit eintlik 'n tipe van 'n permanente ding is! Ons het gevolglik die oomblik toe ons hoor die seeperdjies is nog daar, oombliklik in die kar geklim en 'n dag daarvan gaan maak. :)

Baltimore is 'n in ons opinie baie soos Wilmington. Dis 'n groot stad waar daar nie eintlik veel gebeur nie. Dit sou dalk 'n ander storie gewees as die stad nie moes kompeteer in die liga van Washington, D.C., Philly of NYC nie, maar nou ja, dis waar hy geleë is, so dis sy lot. :) Baltimore is die grootste stad in Maryland, maar is nie die hoofstad nie, en is so uur of wat van ons af:

Die Aquarium is geleë in die Inner Harbor, wat dit 'n baie nice plek maak om te gaan rondloop. Daar is allerhande ander goetertjies wat mens daar kan doen, waarvan ons volgende keer meer sal doen, as ons meer tyd het :). Een van die cool goeters, is dat die vloot daar 'n tipe van drywende museum het. Hulle het allerhande ou bote wat restoureer is en waarop mens kan gaan rondloop. Hier is 'n ou Coast Guard:

Cool né? Hulle het ook 'n paar ander ou bote:

Die Chesapeake. Maar hier is die coolste ene, waarop ons spyt was ons kon nie gaan nie, die USS Torsk. 'n Regte submarine. Volgende keer, forsure.

Soos jy kan agterkom, dit was maar 'n redelike vaal dag gewees, maar dit het ons gelukkig nie onder gekry nie, want die aquarium is binnenshuis. Selfs die dolfynskou is in 'n onderdakse ouditorium. Baie nice:

Die glas piramide bo-op die betongebou is waar hulle 'n mini-reenwoud aanhou. Daar is 'n regte "sloth" daar, maar ons kon dit nie sien nie. :(( Maar meer daaroor later. Die uitleg van die akwarium is ongelooflik goed uitgefigure. Mens stap in een rigtig al rondom die gebou na die bokant, verby al die individuele tenks en dinge. Dan wanneer jy bo by die reenwoud kom, stap in jy in die middel van die gebou af, al langs twee MOEWIESE groot tenks met baie mean vissighede in. Hier is waar die groot haaie en dinge was. Met die inkomslag word jy gegroet met 'n groot poel vol Stingrays:

Dit is cool visse ne? Hulle vlieg in die water, hulle swem nie. Laaskeer wat ons by Virginia Beach se akwarium was, het hulle die poel so opgestel dat mens langs die kant kon staan en aan hulle vat as hulle verby jou swem. Dit was seker van die soort wat nie steek nie, want hierdie's het lelike angels waarmee hulle jou kan piets. As dit 'n groot genoeg Stingray is, kan die steek selfs dodelik wees, maar meestal lei dit net tot koors en diarreë en dinge. Sien die diep pit daar in die middel van die poel? As mens aan die binnekant van die gebou weer afkom, dan eindig jy daar onder op, daar is waar die GROOT MENERE rondswem. :) Later van tyd toe ons hier verby is, was daar so paar duikers in hierdie poel besig om dit skoon te skrop. Dit moet lekker wees om saam met al die gediertes die water te deel! :)

Nou ja, nou vir een van die twee hoogtepunte van die akwarium. (Die ander een was die dolfyne - waarvan ons nie foto's geneem het nie - ons was te verstom). Anyways, ons sal op 'n hoë noot begin en afsluit. Hierdie eerste diertjie is 'n "weedy sea dragon". Hulle is familie van die seeperdjies, maar as jy gedink het dat die perdjies eksotiese diertjies is, hierdie goed is ongelooflik. Hul naam kon nie meer gepas gewees het nie, dit lyk letterlik of hulle uit 'n Tolkien werk uitgevlieg het en hul in die water tuis gemaak het. Hulle kom net voor in die Tasmanian Kelp woude naby Australië en is baie sensitiewe goetertjies. Soos jy sal agterkom deur al hierdie foto's heen, hierdie visse is nie eintlik posers vir foto's nie. Hulle swem rustig voort en blur die foto terwyl die shutter oop is. Maar vir die dragons is dit amper vir my gepas, want dit gee aan hulle die amperse mistieke atmosfeer wat hul toekom!

Hier wys die drakie sy propeller af. Al die seeperdjies het sulke verskriklike fyn harerige finnetjies waarmee hulle rats kan rondbeweeg.

Die perdjies gebruik hulle lang sterterighede om rondom koraal en plante en ander see-dekor te hak sodat die stroom hulle nie wegvoer nie. Die fyn finnetjies is meer vir delikate beweging, hulle is nou nie wafferse swemmers nie.

Nou ja, 'n mooi onderwater scene met 'n perd wat voor verbywoerts.

'n Medley van perdjies vergader by die local "Coral Inn".

Die perdjies het sulke lang bekke om beter te kan eet. Hulle ou van goeters wat op rotse vassit, en klaarblyklik sit die beste goeters partykeer vas op plekke waar ander seebewoners nie hul vraatsige voelers kan inkry nie. Dis dan wanneer hierdie perdjies aangallop kom en daai pype in die plek insteek vir 'n lekker snack.

Hierdie perdjie het baie mooi saamgespeel vir die oom met die kamera.

Hul verkleurman-ogies kyk heen en weer en heen.

Kyk hoe goed is hierdie pypvissies gekamoefleer, hulle lyk nie veel anders as die grassies waartussen hulle boer nie! Hulle lyk amper soos seeperdjies wat aan die stert gegryp is en so vinnig deur die water getrek is dat hulle reguit gemaak is!

Die pypvissies het dieselfde fyn vinnetjies waarmee hulle hulself aandryf. Let op die linkerkantste een, waar die handjie wys, daar is sulke verlmuis-oor finnetjies daar waarmee hulle stuur. Meeste van die seeperdjies het daardie finnetjies.

Nog 'n pypvissie. Lyk baie na 'n aspersie of dergelike groente...

Hierdie outjies is Marésa se gunsteling! Dit eintlik 'n tipe van 'n prons, maar soos die pypvissies, swem hulle ook so onderste-bo. Natuurlik omdat die kos onder is. Maar hulle beweeg in 'n skool saam, en hul beweging is so goed gesinchroniseer, mens sal sweer hul doen bietjie water-gimnastiek of iets.

Die vissies is papierdun daarby, en het meer gevorderde finne as die perdjies, daarom dat hulle so bedrywig is! Kyk net hoe zoem daardie middelste een se vinnetjies.

Van agter af lyk hierdie perdie heel normaal en in goeie shape...

Maar wag tot hy omdraai, dan sien jy dit lyk meer soos 'n pregnant fairy! Dis 'n soort perdjie, maar almal merk dat hulle verwagtend is!

Hier's 'n spierwit enetjie. Van elke kleur en geur...

Nou ja, nou vir die allerhoogste punt van die seeperdjies. Hierdie is 'n leafy sea dragon. As jy meer foto's van hulle wil sien, soek net op Google vir "Leafy sea dragon". Dit is 'n ongelooflike dier, om te dink dat dit op hierdie oomblik, soos ons hier sit en gesels, iewers in die see in die Australiese kelp woude swem en kos soek. Dit is ongelooflik! Ek het 'n kort movie clip geneem met die kamera, maar ek kry dit nou nie in 'n formaat wat enigsins effektief vir die web is nie. Maar hier is die beste foto, waar die gedroggie bietjie stilgesit het vir die foto. Sy kop is daar links onder.

Hier float hy weg, so half van agter af:

Is dit nou nie 'n ongelooflike gedierte nie?

Hierdie vissie ("angel fish") het heeltyd sy neus tot teen die glas vir my kom druk en my in die oë gekyk. Ek, aan die anderkant van die glas, het heeltyd met my kamera gefumble om 'n mooi foto van hom te neem. Hy maar net daar gesit en kyk vir die ding met die boks voor sy gesig wat aan die buitekant staan. Hierdie foto het ek geneem terwyl hy gesê het "Hier mensie mensie mensie, hier mensie...". Die akwarium tannie het gedink dis nou te snaaks dat die vissie so geïnteresseerd is. Toe sy egter naderstaan, toe herken die hele tenk se visse haar blou hemp en storm nader om kos te kom kry. :)

Hierdie steekgedroggie is 'n sea urchin. Hy't die mooiste stekels wat in die neon skyn. Daai pers dingetjie met die oranje ring dink ons is maar sy exhaust, want elke nou en dan backfire hy 'n paar klippies wat aan die onderkant moes ingaan. Dit is 'n ongelooflike ding om dop te hou, want dit lyk net soos 'n plant, tot jy die twee blink ogies merk en sien as jy lank genoeg kyk beweeg hy selfs, of poep 'n paar klippies uit.

Imagine die verassing wat wag vir die onverwagte vissie wat 'n happie van hierdie ystervarkie wil vat...

Hierdie een het teen die glas gesit toe ons later weer verbykom. Toe kan mens nou mooi sien hoe hy te werk gaan. Daardie klein stekeltjies aan die onderkant is heeltyd besig om heen en weer te beweeg, hy's natuurlik 'n skropper. Amazing. Die Here het die wêreld ongelooflik geskep, en Hy word so verheerlik as mens na al die goete kyk wat Hy gemaak het.

Dit lyk nie so groot hier nie, maar hierdie een se stekelgoed was omtrent so 30cm lank.

Daar was een moewiese tenk wat vol anemoon was, nog amazing goete.

Kyk die blou boom links onder, met takke wat traag in die waterwind waai.

Kyk net die effektiewe camo van hierdie vis, 'n "rock fish". Kyk sy opstaan oge hier links bo die fin.

Nou kan jy sy een oog weer mooi sien.

Hierdie was 'n moewiese tenk met reenboë vissies wat die tenk verken.

Heelbo in die gebou, soos mens nader aan die reënwooud kom, is daar allerhande uitstallings van Suid-Amerikaanse tropiese diere. Hierdie is 'n cayman wat bietjie 'n nap vang terwyl hy sy pens vir die wêreld afwys. Daar was ongelooflike diere in hierdie gedeelte waarvan ons eintlik baie bitter min gesien het. Onder andere tarantula's, wat ek graag sou wou sien, maar die goed is so grillerig ek weet nie hoe lank jy vir hulle kan kyk nie. Dan was daar 'n ongelooflike versameling giftige boompaddadjies, van alle kleure. Natuurlik ook 'n paar slange en ander derglike tropiese reptielerighede.

Die reënwoud gedeelte word by die regte temperatuur gehou regdeur die jaar met lugversorging, en elke nou en dan spuit hulle stoom uit rondom die gebou om die regte humiditeit te verseker.

Hiert jou geel voël jy.

Hierdie twee papegaaie maak soos die cayman maak. Kies die regte tyd om 'n lekker nap te vang, met die watertjie's in die agtergrond om hul senuwees te kalm na die oggend se intense pronk vir al wat besoeker is. Hierdie gedeelte is baie nice want die voëls zoem heeltyd rondom jou verby. Daar is een spesifieke een wat nie kan stilsit nie en 'n kick daaruit kry om etlike sentimenters voor mens se gesig verby te vlieg, iets wat onfeilbaar tot 'n skrikreaksie lei!

Nou ja, al langs die binnekant van die gebou af is waar die groot tenke is waarin mens afloop. Die tenke lyk amper soos 'n donut wat mens gevat het en uitgerek het, sodat 'n reghoek is met ronde hoeke. :) Anyways, mens loop dan in die middel en maak dan kennis met die haaie, soos hierdie twee hier onder. Die gedeelte waar die haaie is, is baie donker en is amper ominous. Hierdie was vir onsdie interessantste een, die sawtooth haai of iets.

Hierdie een was vir ons die skrikwekkendste. Lyk of hy pas iets verslind het. Die haaie was almal nogals groot, seker so 'n goeie 2-3.5 meter lank.

Hierdie foto het eintlik nie uitgekom nie, maar ek wou dit in elk geval insit, want ek dink dit wys mooi die aerodinamiese vorm van die haaie se lywe. Hulle is goed gestreamline.

Nou ja, na die ongelooflike middag by die aquarium, het ons aandete gehad by die Hard Rock Cafe:

Die Barnes & Noble en Hard Rock Café is geleë binne 'n restoureerde steenkool kragstasie, op die hawefront. Die gebou is in 1900 gebou, maar ons het nie gesien wanneer dit uit komissie geneem is nie. Die Hard Rock Café is 'n ervaring op sy eie, met duisende musiek-memorablia teen al die mure, van die Doors se dromme, tot Prince, John Lennon en Elvis Presley se suits. Die kos is ook nie eens so duur nie. Maar dan weer, ons het maar net hamburgers gehad ;).