5 Januarie Sneeu

Ons het die Sondagmiddag by ons pastore geëet terwyl die lekker buitekant gesneeu het. Teen die tyd wat ons by die huis gekom het - so 9 uur die aand, het dit nog net liggies gesneeu, dit was nie so koud nie en was die ideale tyd om uit te gaan en bietjie te gaan djol.

Omdat die sneeu soveel lig weerkaats is dit baie lig buitekant, al is dit nag. Dis natuurlik nie heeltemal so lig soos dit in al hierdie foto's gaan voorkom nie, die kamera hou die lens oop totdat genoeg lig inkom. Dit beteken egter dat die foto's 'n baie unieke skyn het. Jan is baie trots op al die foto'tjies!

Hierdie is agter ons apartment gebou, kyk hoe lê die sneeu op die draad aan die regterkant.

Marésa het 5 minute gehou aan haar voorneme om nie vol sneeu te word nie, toe gaan staan sy onder die boom vir 'n lekker 2de sneeu!

Hier staan ons tweetjies in die bos agter ons apartments.

Kyk hoe balanseer die sneeu op die takkies!

Die sneeu was die slag baie natter as in November, so mens kon lekker ski op die pad:

In fact, Marésa het so vinnig gehol die sneeu het begin smelt en in 'n stoomwolk agter haar opgegaan:

Hehehe, nie regtig nie. Dit was eintlik Marésa wat bietjie gespin het en 'n mini dwarrelwind begin het wat die sneeu opgetel het.

Hierdie foto dra die atmosfeer baie goed oor. As jy mooi by die straatlamp kyk, kan jy sien hoe die vallende sneeuvlokkies strepies verby die lig maak. En nee, Marésa het nie regtig 'n dwarrelwind gemaak nie :), dis Jan wat bietjie asemgehaal het terwyl hy foto's neem. ;)

Ons het bietjie deur die buurt gaan stap om te sien hoeveel mense het nog hul kersversierings op hul huise. Ons was nie teleurgestel nie. Die Amerikaners hou van liggies...

Die gebruiklike snow angel, courtesy van Marésa.

Hierdie was toe nou die perfekte kersboom om af te neem. Jan het egter net die kamera opgestel en alles toe 'n hondjie aan die binnekant van die huis begin kef. Kef kef kef kef kef.... kef kef... kef kef kef kef ....

...kef kef kef kef... kef kef... kef kef kef...

Hierdie mense was nog volstoom in die kersfees bui.

Let op die Amerikaanse vlag wat voor die stoep hang...

Dié spesifieke liggie-bokkies was 'n groot treffer hierdie jaar. Veral die modelle wat hulle koppe heen en weer beweeg. Ander staan op hulle agterpote en skop met hul voorpote in die lug rond soos wafferse Black Beauties.

Okay, ons is baie trots op hierdie foto.

Kyk hoe toe lê die boom onder die sneeu. Mooi né?

Terwyl Jan aan die foto's karring, wag Marésa geduldig...

Hierdie's 'n fake sneeuman met bietjie regte sneeu op.