Thanksgiving Sneeu
26 November 2002

Ek het die middag afgevat om saam met Marésa in die sneeu te gaan rol. Ons is oombliklik af na White Clay Creek State Park, waar ons geweet het ons sou nog baie van die onaangeraakte "white stuff" kry, sodat ons spore die eerstes kan wees! Kyk hoe dik lê dit op hierdie bankie!

Hier's 'n snow angel wat toe nie meer was nie. Dit raak toe lekkerder om net onder dit te lê as om die angel te maak en op te staan! Die sneeu was hond cool hierdie slag, want dit het glad nie gereën voor of na die tyd nie, so dit was alles net poeier.

Aah... Blisssss...

Hier's Jan se view:

Na Jan se beurt in die sneeu was dit Marésa s'n! Ons het haar behoorlik toegegooi...

'n Tweede sneeu onder die boom!

Hierdie oukies is oppad om te gaan speel. Mmm, ons was bietjie jaloers, dat ons nie self sulke implemente gehad het nie. Ons het net geweet dat ons in Januarie verseker moet gaan ski.

Die woud is doodstil en so lekker salig.

Hier is Marésa!

Kyk hoe swaer lê die sneeu op die boom. Die blink goedjies is vlokkies wat in die flash weerkaats.

Oppad terug het ons bietjie deur die buurt gaan ry en kyk hoe mense hul huise verlig. Met die sneeu saam maak dit vir die perfekte kers-atmosfeer!

Die volgende oggend toe Marésa werk toe is, is dit nog lieflik toe onder die wit.

Die coolste is egter die wind wat die sneeu van die bome afwaai. Die son weerkaats daarteen, sodat dit letterlik lyk asof iemand in die bome sit en blinkertjies uitgooi!