
Ma & Pa Jacobs, hierdie resep word aan julle opgedra. Julle is bobaas sopmakers en julle groentesop is die beste!
Hierdie is lag-lag die lekkerste minestrone sop wat ons van weet. Dit is uit ons gunsteling Italiaanse resepteboek. Die resep soos hy hier onder is, bedien 4-6 mense.
Moenie dat die lys van bestanddele jou afskrik nie! Hierdie sop is deur en deur en deur die moeite werd en maak in minder as 'n uur!
Bestandele
3/8 kp. gedroogde Cannellini of ander wit boontjies
1/4 kp. botter
2-3 seldery stamme, gekerf
1 klein prei, in ringe gesny
1 1/2 kp. aartappels, in blokkies gesny
5 oz. Zucchini - in snytjies gesny
1 wortel, in snytjies gesny
2 kp. blomkool blommetjies
1/2 kp. vars/gevriesde ertjies
9 kp. chicken stock (wat's die Afr?)
1 loerier blaar
klein bossie vars pietersiele
1/3 kp. gekapte varkspek
1/2 kp. fyngekapte uie
1 huise fyngekapte knoffel
4 oz. geskilde en gekapte tamaties
1/2 kp. gekookte rys
gekapte basillie
varsgemaalde wit peper
varsgemaalde parmesaan kaas
Metode
Week die boontjies oornag in koue water, dreineer die volgende dag.
Smelt die botter in 'n pot, voeg die seldery, aartappels, zucchini, wortel, prei, blomkool en ertjies by. Kook en roer vir 2 tot 3 minute. Voeg nou die boontjies, stock, lourierblaar en pietersielie by en kook liggies (prut) met die deksel skeef op vir 15 na 20 minute.
Braai die spek totdat daar lekker vetjies is, voeg die uie en knoffel by en braai verder, sonder om dit te laat bruin brand. Voeg dit nou by die sop, asook die tamaties en rys. Kook verder vir nog 5 minute en roer gereeld.
Voordat jy die sop opdien, haal die lourierblaar uit (jy kan die pietersielie ook nou uithaal as jy nie van dit daarbinne hou nie). Voeg die basillie en peper by, sout na smaak en sprinkel met parmesaan.
Hierdie resep uit The Complete Italian Cookbook, deur Carlo Bernasconi en Christian Teubner