Gebakte Ziti

Hierdie eerste resep op ons webwerf dra Jan sonder huiwer aan sy goeie vriend Leon op. Leon het 'n inspirerende passie vir pasta wat min mense oorskry. Leon, ons wens ons kon hierdie self vir jou maak, maar ons laat dit met vertroue in Catherine se vernuftige hande.

Bestandele

250g rigatoni/ziti pasta
500g maalvleis
1 medium ui, gekap
2 x 400ml bottels alfredo pasta sous
200g gesnyde Provolone
200g gesnyde mozzarella
1-1/2 koppies suurroom
1/2 koppie gerasperde Parmesan
1/4 koppie gekapte vars basil

Metode

Kook die pasta in 'n groot pot borrelende soutwater vir 8-10 minute tot al dente, dreineer.

Braai die maalvleis in 'n groterige skillet oor medium hitte. Voeg uie by en souteer tot die vleis glad nie meer pienk is nie. Dreineer vet en voeg die alfredo sous by, prut vir ongeveer 15 minute.

Voorverhit die oond tot 175 grade C.

In 'n liggesmeerde oondbak (ongeveer 1 liter), sit omtrent die helfte van die pasta in 'n laag onder in die bak. Sit dan 'n lagie provolone en mozzarella oor en smeer omtrent die helfte van die vleissous oor die kaas. Smeer die suurroom oor die vleissous.

Maak 'n tweede laag soos hierbo (pasta, kaas, sous) met oorblywende bestandele. Gooi 'n lagie parmesan kaas bo-oor.

Bak in die voorverhitte oond vir ongeveer 30 minute, of totdat jy kan sommer kan sien alles borrel nou darem te lieflik daar binne.

Garnish nou die bak met die vars basil - dit is hond lekker. As jy nie van die basil vars hou nie, kan jy dit oorsit net voor jy alles bak, dan kom dit ook lekker uit.

Hierdie resep vanaf allrecipes.com